fbpx

AFMA is die amptelike liggaam wat die veevoer industrie verteenwoordig en hul lede bestaan uit veevoer en bestandeelvervaardigers asook verskaffers van voerbestandele. Die vereniging verteenwoordig 99% van braaikuikenvoerproduksie en 58% van die totale veevoerproduksie in SA. Liesl Breytenbach is onlangs aangestel as Uitvoerende Bestuurder van AFMA. In ons program van 21 Augustus gesels ons met haar oor haar loopbaan, die doelstellings en werksaamhede van AFMA en hoe sy haar rol as vrou in die landbou sien.

Gertrude Jacobs, Projekbestuurder Landelike Ontwikkeling by die Wes-Kaapse Departement van Landbou gesels oor hul Agri-Femina dag wat hierdie jaar gehou word in Plettenbergbaai. Tydens hierdie geleentheid word daar erkenning gegee aan vroue binne landbou.

Corné Botha is die President van George Landbouskou. Hierdie jaar se skou beloof om n wenner te wees wat besoekers nie moet misloop nie. Die Tentpegging Wêreldbeker vind vir die eerste keer daar plaas. Landbouskoue bied waardevolle geleenthede vir ekonomiese groei in die platteland.

Tertia Erasmus, Besturende Direkteur van SciCorp Laboratories verskaf inligting oor die toetse wat hul doen om onder andere genetiese suiwerheid in plantteling vas te stel. Genetiese profiele word ook ontwikkel wat plantteling bevorder.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud. Groetnis 😊

By admin

Harvest SA Subscription

Subscribe to the fully interactive digital version of the bi-monthly,
HarvestSA magazine and get your farming fix delivered directly
to your inbox to read on your phone, tablet, laptop or desktop.