fbpx

“Dit is nodig dat ons as gemeenskap en groter ekonomie in Suid-Afrika erkenning gee aan verskillende stemme en opinies. Dit alles val in die konteks wat bydra tot n beter omgewing en beter land vir ons almal. As ons dan nou dink aan die landbousektor spesifiek, dan doen landbou goed. Tog is daar altyd ruimte vir verbetering. Dit is gemeenskappe wat verandering teweeg bring en sulke veranderings begin by n individu met n mening. “ Dit is die mening van Andries Wiese, Nasionale Besigheid Ontwikkeling Bestuurder by Hollard Insurance. In ons program van 25 Januarie praat Andries spesifiek oor die rol wat vroue speel in landbou.

Lindi Botha, Joernalis en Kommunikasie Spesialis, verduidelik hoe sy die vrou se rol in landbou sien. Toe sy n loopbaankeuse moes maak nadat sy haar Joernalistiekgraad voltooi het, het landbou haar gekies. Vroue bring mense bymekaar, help met uitdagings en besluitneming. Vroue is onmisbaar in landbou.

Leon van der Westhuizen, ook bekend as Leon die Melkman, praat verder oor die maak van kaas. Hy verduidelik wat die laktose inhoud is in byvoorbeeld bokmelk en Jersey koeimelk. Kan n mens kaas vries? Ja, Leon verduidelik hoe dit gedoen word. As jy kaas moet vries, dan het jy te veel kaas gekoop.

Suretha Francis, Spanbestuurder en Spesialis Adviseur Suiwel by SA Stamboek, verduidelik die voordele van Logix IQ en hoe die program werk.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud. Groetnis 😊

By admin

Harvest SA Subscription

Subscribe to the fully interactive digital version of the bi-monthly,
HarvestSA magazine and get your farming fix delivered directly
to your inbox to read on your phone, tablet, laptop or desktop.