fbpx

Daar is vele suksesverhale van produsente wat hul vleis direk bemark en verkoop aan die verbruiker. Hul ‘hou hul produk in hul hand’ en benut dus so die hele waardeketting. In ons program van 24 Januarie gesels ons hieroor met Wilma Punt van die G&H Boerdery naby Dewetsdorp. Hul boer met SA Vleismerinos en Bonsmara beeste. Wilma vertel ons hoe hul kommersieel met die SA Vleismerinos boer, hoe hul program werk sodat hul ooie elke 2 maande lam. Wanneer dit kom by seleksie, dan kies hul die bestes. Wilma sê “jy kan nie met verskonings boer nie” Sy vertel ons ook meer oor Vleisstaat, hul slaghuis en deli in die Overbergstreek.

Dr Danie Odendaal, Direkteur van Veeartsnetwerk, praat oor probleme tov brommers, muggies, vlieë en muskiete. Brommer-infestasies veroorsaak groot verliese en Danie verduidelik dat beplanning en n voorkomingsprogram baie belangrik is.

Brink Jacobs van Delooft Boerbokstoet naby Middelburg in Mpumalanga, gesels oor hul boerbokstoet. Hul boer semi-intensief met hierdie bokke. Goeie rekordhouding en n goed beplande bestuursplan moet nougeset gevolg word.

Dr Johnny van der Merwe, Direkteur van AMT, verskaf inligting oor die jongste graan en lewendehawe pryse. Hy gee n kort opsomming van die beweging in die graanmark sedert 2016 en die tendens wat die markte volg.

Dankie aan die SA Vleismerino genootskap, Christiaan de Jager en Wilma Punt vir die gebruik van jul fotos.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud. Groetnis 😊

By admin