fbpx

Die sukses van n boerdery hang van baie dinge af maar een ding is seker, as jy nie goeie seleksie van diere toepas nie, dan gaancustom kings jersey negozio geox vicino a me tata store geox sito ufficiale geox sito ufficiale negozi geox vicino a me benetton online saldi negozi geox più vicino a me tata negozio geox uomo saldi benetton saldi online gep?cknetz auto himmel benetton sito ufficiale scarpe geox uomo outlet benetton saldi 2022 jy met elke nuwe generasie diere wat gebore word bietjies bietjies agteruit boer. Nog n belangrike aspek is dat jy saam en nie teen die natuur moet boer nie. In ons program van 8 November gesels ons onder andere hieroor met Dr Corrie Avenant van die Atka Boerbok, Dorper en Witdorper stoet. Hy verduidelik ook die belang van fenotipe en genotipe in sy kudde en die belangrikheid van akkurate rekordhouding.

Dr Lorind Frylinck,Spanbestuurder by die LNR Vleisproduksie kampus praat oor navorsingsprojekte wat gedoen word op Inheemse Veldbokke. Vordering is gemaak om genetiese toetse te doen om vas te stel hoe die ekotipes geneties van mekaar verskil.

Gideon Viviers, Dorperboer en oud President van die Dorpertelersgenootskap verskaf inligting oor die ontstaan van die Dorperskaapras en Abraham Burger van die Witgoud van Rooystoet naby Griekwastad gesels oor die kenmerke van hierdie skaapras. Vrugbaarheid en gehardheid is bo aan sy seleksie-lys.

Dr Johnny van der Merwe, Direkteur van AMT gee vir ons inligting oor die jongste graan en lewendehawe pryse.

Dankie aan die Van Rooy skaaptelersgenootskap, Gerhard Lourens en Dr Corrie Avenant vir die gebruik van jul fotos.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud. Groetnis

By admin

Harvest SA Subscription

Subscribe to the fully interactive digital version of the bi-monthly,
HarvestSA magazine and get your farming fix delivered directly
to your inbox to read on your phone, tablet, laptop or desktop.