fbpx

Die Afrikanerbees is die oudste inheemse beesras in Suid-Afrika en is in 1912 as n beesras by SA Stamboek geregistreer. Daar word gesê dat die beesras in die toekoms n groter rol gaan speel in die opkomende mark. Die redes daarvoor is onder andere die lae kostes verbonde aan onderhoud asook die aanpasbaarheid van die ras. In ons program van 22 Augustus gesels ons hieroor met Marlet Ras van die Afric Afrikanerstoet. Marlet is die jongste dogter van die bekende Martin Ras. Sy vertel hoe sy van jongs af by haar pa die fynere punte geleer het oor beesboerdery.

Dr Michaela Hartman, Staatsveearts by die Wes-Kaapse Departement Landbou gesels oor abattoir bestuur, die proses van slagting en inspeksies wat gedoen word reg deur die hele proses.

Thapelo Kgosi Ramakala is Dieregesondheidspesialis by Beefmaster Groep. Hy gesels oor die gebruik van antibiotika en lig n paar belangrike aspekte uit rondom die misbruik van antibiotika. Moenie net links en regs aannames maak oor wat die dier makeer nie, sorg dat jou diagnose akkuraat is en monitor die siektetekens.

Abri Lock van die Locklore Santa Gertrudis Stoet het n interessante verhaal om te vertel oor hoe hul vroeg in die 1970’s van hierdie beeste ingevoer het vanuit Texas. Toe was die rand waarde baie sterker as die dollar.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud. Groetnis )

By admin

Harvest SA Subscription

Subscribe to the fully interactive digital version of the bi-monthly,
HarvestSA magazine and get your farming fix delivered directly
to your inbox to read on your phone, tablet, laptop or desktop.