fbpx

“Landbouskoue bevorder nie net landbou nie, maar keer ook die agteruitgang van die platteland en bring gemeenskappe bymekaar. Dit bied waardevolle geleenthede soos opleiding van agriwerkers, genereer n inkomste vir gastehuise en dra by tot die volhoubaarheid van die dorp.” So sê Corné Nel, Visepresident van die Beaufort-Wes skou. In ons program van 17 Augustus gesels ons hieroor en ons gaste in die program is dit almal eens dat landbouskoue n onverbangbare bate is vir die platteland.

Breyton Milford, Hoofbestuurder van Agri-Expo verskaf inligting oor die jaarlikse Agri-Expo Ledeskouvergadering wat onlangs gehou is en is verheug oor die ‘nuwe asem’ wat landbouskoue geskep het.

Dr Dirk Troskie, Direkteur Besigheidsbeplanning en Strategie by die Wes-Kaapse Departement van Landbou gesels oor die totstandkoming van die Elsenburg Landbouopleidings-instituut wat vanjaar hul 125ste bestaansjaar herdenk. Skoue bied aan die department n geleentheid om hul mandaat van landelike ontwikkeling uit te voer en dit is ook n ideale platform om direct te skakel met hul kliënte.

Hannes Lotz was voorheen die Bestuurder van Worcester Skou, n Raadslid van Agri-Expo en het ook as Agri-Expo as Skoukoördineerder gewerk. Hannes en drie ander staatmakers is tydens die jaarvergadering vereer vir hul jarelange bydraes tot die ledeskoue.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud. Groetnis 😊

By admin

Harvest SA Subscription

Subscribe to the fully interactive digital version of the bi-monthly,
HarvestSA magazine and get your farming fix delivered directly
to your inbox to read on your phone, tablet, laptop or desktop.