fbpx

Slakspesies wat n groot probleem inhou vir landbou is die Grys Veldslak, Bruin Veldslak, Naakslak en die Toringslak. In die Suid-Kaap byvoorbeeld, word groot skades aangerig aan Kanola en ander gewasse. In ons program van 7 September gesels ons hieroor met Arnold du Preez van S3 Snail & Slug Solutions. Hy verduidelik hoe hul slaklokaas produk werk, en beklemtoon dat monitoring n belangrike deel is van die beheer van slakke.

Evan McColl, Wetenskaplike by SciCorp Laboratories gesels oor die toetse wat daar gedoen word om vas te stel watter siektes op droë bone voorkom. Hy verduidelik hoe die proses verloop vanaf monsterneming totdat die uitslag bekom word.

Dewald vd Berg van Witkraal Boerdery vertel ons meer oor hul turksvy boerdery en die voordele wat turksvye inhou as veevoer. Daar is verskillende kultivars maar dis belangrik dat die regte kultivar gevestig moet word wat die beste vaar in jou omgewing.

Jos Badenhorst is die Algemene Bestuurder by MTO. Hul is in die Bosbou industrie met baie hektare Bloekom en Denne plantasies. Jos sê dat hul gebruik maak van die hele waardeketting. Opleiding is vir hul belangrik en goeie diens aan hul kliënte is kernbelangrik.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud. Groetnis 😊

By admin

Harvest SA Subscription

Subscribe to the fully interactive digital version of the bi-monthly,
HarvestSA magazine and get your farming fix delivered directly
to your inbox to read on your phone, tablet, laptop or desktop.