fbpx

Die suiwel industrie is een van die sektore in landbou wat al vele jare moeilike tye beleef. Tog, as jy met ons melkprodusente gesels dan sê hulle dat dit belangrik is om positief te probeer bly en daar moet intern innoverende skuiwe gemaak word. In ons program van 5 September gesels ons hieroor met Poena van Niekerk, Bestuurder van EDE Melkery naby Middelburg in Mpumalanga. Daar is nie wonderwerke in n melkery nie, jy moet elke dag doen wat jy moet doen, doen die basiese dinge reg. Kry die koeie dragtig, sorg dat die kos reg is, sorg dat daar gemelk word op die regte tyd en benader jou melkery positief.

Thalia Brameld, Tegniese Adviseur by SA Stamboek gesels oor hul Elite Suiweltoekennings tydens die pas afgelope George Skou. Ons kan baie trots wees op ons suiwelprodusente van ons land.

Hennie Uys, Suiwelbestuurder by Oakdale Landbouskool vertel ons meer oor hul Jersey kudde, die betrokkenheid van die leerlinge en hul platinum toekenning wat hul ontvang het van SA Stamboek. Om te meet is om te weet, nie net vir rekorddoeleindes nie maar ook om jouself en jou kuddedoelwitte te kan meet teenoor ander suiwelprodusente.

Johan Odendaal, Senior Beoordelaar van SAFJA gesels oor die doel van karkaskompetisies en die invloed wat hierdie kompetisies het op die kwaliteit van vee wat op die mark gesit word.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud. Groetnis 😊

By admin

Harvest SA Subscription

Subscribe to the fully interactive digital version of the bi-monthly,
HarvestSA magazine and get your farming fix delivered directly
to your inbox to read on your phone, tablet, laptop or desktop.