fbpx

“Totaal gemengde rantsoene word verskaf aan diere wat total afhanklik is van die voeding wat die produsent aan hulle verskaf en dus geen toegang het tot addisionele voerbronne nie. Die rantsoen kan in n los, gemengde format of verpil wees en dan dis dit belangrik om in gedagte te hou dat die voer wat die dier inneem nie noodwendig dieselfde is as die rantsoen wat geformuleer is nie want daar is n rantsoen op papier, een in die voermenger en die rantsoen wat die dier uit die voerbakke inneem.” So sê Alheit du Toit, Professionele Voedingkundige by Feedtek. In ons program van 7 Augustus praat hy oor rantsoene, voermengers en voerbakbestuur.

Johan du Toit van Kloovenburg Landgoed en Eight feet Village gesels oor hul boerdery, waar die naam Eight Feet vandaan kom en die koffie, olywe en wyn wat verbou word naby Riebeek-Kasteel.

Duvan Papenfus, Kliënte en Diensbestuurder by Agri Alert vertel ons meer oor hul kantelsensor en hoe hierdie sensor meer as net die enjinklap van jou stroper, wat saans rus in jou lande, beskerm. Dit is ook ideal vir die beveiliging van jou sonpanele of sonpomp.

Dr Johann Strauss, Snr Navorser van die Direktoraat Wes-Kaap Departement Landbou gesels oor die belang van bewaringslandbou en hoe mens hierdie boerdery metode kan begin toepas. Dis nie n oornag proses nie…. dit verg geduld en harde werk.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud. Groetnis 😉

By admin

Harvest SA Subscription

Subscribe to the fully interactive digital version of the bi-monthly,
HarvestSA magazine and get your farming fix delivered directly
to your inbox to read on your phone, tablet, laptop or desktop.