Volgens die Braunvieh telersgenootskap is die Braunvieh beesras waarskynlik die oudste suiwer beesras met rekords wat terug dateer tot sover as 800 v.C Nog n interessante brokkie inligting is dat prestasie toetsing in hierdie ras gedoen is en dat dokumentasie bestaan waar prestasie toetsing sedert 1150 n.C by die Muri Monnikeklooster gedoen is. In ons program van 15 November gesels ons met Gawie Naudé van die Eduan Bruanvieh Stoet. Hy boer naby Barkley-Oos en sê dat hierdie omgewing naby die hemel lê, so mooi is dit daar. Gawie praat oor die beesras se eienskappe en verskaf inligting oor sy bestuursaspekte tov sy vroulike kudde.
Jess Walker, Jong Stoetteler van die Dante Deo Limousin Stoet vertel met passie waarom hy met hierdie beesras boer, sy suksesse wat behaal word in die skouring en gee erkenning aan sy mede Limousin telers vir hul hulp en mentorskap.
Lourie van Reenen is die Stigter en Direkteur van die Beefmaster Groep. Hy gesels oor die geskiedenis van hierdie groep, hoe hul deur die jare gegroei het en die belang van goeie verhoudinge tussen werkgewer en werknemer.
Tito Vorster is die President van die Simbra Beestelersgenootskap en die Direkteur van Delft Simbras. Hy praat oor die wetenskap van modern beesteling en sê onder andere dat as jy die regte diere selekteer, dan kry jy goeie resultate.

