Volgens die Diereverbeteringswet 1998 (wet 62 van 1998) is daar n paar vereistes wat bepaal waaraan daar voldoen moet word om as geregistreerde diere erken te word. Die wet bepaal dat die dier aangeteken moet wees by n registrerende owerheid soos SA Stamboek, die eienaar van die dier moet lid wees van n telersvereniging, jy moet n voorvoegsel hë wat deur die staat uitgereik word en die telersgenootskap moet vir jou n kuddekenmerk uitreik. In ons program van 17 November gesels ons hieroor met Dr Japie van der Westhuizen, Hoofbestuurder by SA Stamboek. As diere nie volgens hierdie bepalings geregistreer is nie kan daar hoogstens na n dier verwys word as n ‘tipe’ by voorbeeld n Boerbok-tipe of n Angus-tipe.
Jan-Adriaan Cordier, Besturende Direkteur van Spotbot gesels oor hul veiligheidsisteem wat gekoppel word aan n CCTV stelsel. Hierdie stelsel is ontwerp om vals alarms uit te skakel en is op die uitkyk vir menslike beweging.
Laurika du Bois, Bemarkingshoof by Agricolleges International praat oor die belang van voedselsekerheid. Sy bied ook n paar oplossings aan jongmense wat nou matriek skryf en nie seker is watter beroep om te volg nie. Die landbou bied n magdom van geleenthede aan.
Jan Krijt, n kenner van SA wapenwette verskaf inligting oor wanneer jy n vuurwapen mag gebruik vir selfverdediging.
Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud. Groetnis 😊