Die Departement Landbou Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het onlangs aangekondig dat daar n nuwe uitbraak is van Afrika Varkpes in Gauteng. Die plaas is onder kwarantyn en varkboere word gemaan om biosekuriteitsmaatreëls streng na te kom. In ons program van 2 Februarie verskaf Dr Didi Claassen, Uitvoerende Direkteur Tegnies en Bemarking by Afrivet meer inligting hieroor. Afrika Varkpes is hoogs aansteeklik en is volgens die Dieregesondheidswet 1984 (Wet 35 van 1984) as n aanmeldbare siekte geklassifiseer.

Dr Danie Odendaal, Direkteur van Veeartsnetwerk gesels ook oor dieregesondheid en bespreek Hartwater wat n bosluisoorgedraagde siekte is. Hy praat ook oor die beheer van die siekte. #Agritvsa @AgriTV

Hertie Lerm van Lazarus Game Farm verskaf inligting oor hul Vrylopende Afrika hoenders. Hierdie hoenderras is geteel uit verskillende Afrika hoenderrasse en word met sukses gebruik in hul wild en veeboerdery.

Dr Alison Lubisi, Senior Navorser by LNR Onderstepoort gesels oor Vrotpootjie en verduidelik ook die verskil tussen hierdie siekte en Sweerklou.