Van die belangrikste primêre voedingstowwe vir plante is Kalsium, Magnesium en Swael. Fosfor en Stikstof speel ook n baie belangrike rol. In ons program van 8 Augustus gesels ons hieroor met Lindi Grobler, Direkteur van Agri-Alchemi. Sy bespreek die rol wat Kalsium speel, dit bevorder die vorming van proteïene en is noodsaaklik vir selvorming.

Annemie Erasmus, Snr Navorser by die LNR Graangewasse, praat oor die drie Mielie-stamboorders in SA naamlik die Afrika mieliestamboorder, Chilo-boorder en die Pienkstamboorder.

Gerry Weber, Eienaar van Green-Bio vra die vraag oor wat ons doen en gedoen het tov gewasbeskerming.

Dr Ida Wilson, Plantsiektekundige verskaf inligting oor Roessiektes in koring en die siektetekens waarop die produsent bedag moet wees.

Tune in to your favorite community radio station or listen to the program on your cell phone or computer using the Landbou Radio SoundCloud link. Farm with joy.

To book an interview, contact us on landbouradiog@gmail.com