Presisieboerdery is kernbelangrik in ons hedendaagse gewasproduksie. Moderne tegnologie maak metings, monitering en datavaslegging baie maklik en gerieflik. In ons program van 5 September gesels ons met Roelof Smit, Bemarkingsbestuurder en Direkteur van Van’s Lab oor daaglikse grond en gewasmonitering met behulp van afstand waarneming. By Van’s Lab word termiese eienskappe gemeet om afleidings te maak. Hy verduidelik ook wat die praktiese toepassing van dié tegnologie vir beide besproeiing en droëland boere inhou.
Dr Elmi Lotze, Hoof van ITEST Carbohydrates by Agri Technovation gesels oor hul tegnologie wat waardevolle sinergie tussen gewasprestasie en tegnologie vir boere bied.
Thinus Gouws Kuilvoerontwikkelaar by Vitam International gesels oor die maak van gehalte kuilvoer en die 3 kritieke punte om die optimale kuilvoer uitkoms te verseker.
Tune in to your favorite community radio station or listen to the program on your cell phone or computer using the Landbou Radio SoundCloud link. Farm with joy.
To book an interview, contact us on landbouradiog@gmail.com