fbpx

Nedbank Kommersiële Banksakeen Partners in AgriLand Solutions (PALS) het onlangs hul 1ste landboutransformasietransaksie tydens ‘n inspirerende titelakte-oorhandigingsgeleentheid op ‘n plaas naby Piketberg gevier.

Met behulp van hierdie finansiering kon ‘n nuutgestigte maatskappy, Pele ea Pele (Edms) Bpk, 2 plase in Piketberg in die Wes-Kaap bekom. Pele ea Pele het 2 aandeelhouers: Tsepong (Edms) Bpk,wat 100% in swart besit en 51% van die aandele in die plaas besit, en Knapdaar Agri (Edms) Bpk, wat die oorblywende 49% aandele besit.

Die plase word ontwikkel tot besproeiingsplase om bol-uie, aartapples en rooibostee vir die varsmark en onder kontrak vir Klein Karoo Seed Production en Simba te produseer.

Hoewel Nedbank die finansiering en die finansiële kundigheid voorsien het om hierdie waardevolle vennootskap optimaal te struktureer, was PALS, deur middel van sy goedgevestigde grondhervormingsraamwerk, instrumenteel in die formulering van die wetlike struktuur, die verkryging van bykomende waterlisensies, en die versekering van ‘nbillike verdeling. Die PALS-struktuur is eenvoudig: ‘n kommersieel gevestigde boer en ‘n swart boer of plaasgroep vorm ‘n maatskappy met billike en regverdige aandeleverdeling. Hulle kry ‘n ekonomies lewensvatbare stuk grond, en die gevestigde boer mentor die nuwe boer totdat hulle ten volle bemagtig is met die vaardighede en ervaring wat hulle nodig het om die maatskappy suksesvol voort te sit. PALS het onoortreflike ervaring in die gebied, en het in minder as a dekade reeds 48 suksesvolle transformasietransaksies moontlik gemaak.

By ‘n geleentheid wat onlangs op die verkrygde plase gehou is om die transaksie te vier en die titelakte te oorhandig, het Lennox Plaatjies, PALS se nasionale skakelbestuurder, gesê die transaksie is ‘n beduidende mylpaal vir PALS. ‘Pele ea Pele is nog ‘n inspirerende projek in inklusiewe landbou-ontwikkeling watmet behulp van vennootskappe en samewerking voltooi is. Wat hierdie projek veral besonders maak, is dat Pele ea Pele se nuwe-era en kommersiële boereal sedert 1993 saamwerken nou, ná 31 jaar, uiteindelik sakevennote kan wees. Dit is die perfekte voorbeeld van samewerking om ‘n meer inklusiewe sektor te bevorder. Deur transaksies soos diéte finansier, is Nedbank se verbintenis tot ‘n meer inklusiewe toekoms van onskatbare waarde, en ons is innig dankbaar daarvoor. ‘

Volgens die hoofspreker by die geleentheid, Dr Ivan Meyer, Minister van Landbou in die Wes-Kaap, is hierdie vennootskap die ideale model vir transformasietransaksies. ‘Dit is ‘n projek waaroor ek nie gaan stilbly nie. Volgende week is ek in die parlement, en ek gaan vir hulle alles van Pele ea Pele vertel: dat dit waardevol, kosbaar en nuttig is. Suid-Afrika moet leer uit hierdie suksesvolle model vir grondhervorming.

‘Die slagspreuk vir PALS is Groei saam, en hierdie nuwe onderneming is ‘n voorbeeld van samewerking en vennootskap. In Afrikaans beteken die woord ‘landbou’ letterlik ‘om die grond te bou’, en met hierdie vennootskap is ‘n ooreenkoms onderteken en ‘n aksieplan ingestel om juis dit te doen.  Deur die voorbeeld van PALS en Nedbank te volg, kan ons talle meer vennootskappe skep en samewerking bewerkstellig om grond regoor Suid-Afrika te transformeer en suksesvol te bou,’ het Meyer gesê.

Cobus de Bruyn, Hoof van Kliëntewaardevoorstelle vir Landbou byNedbank Kommersiële Banksake, het gesê die bank se vennootskap met PALS is die ruggraat van sy verbintenis om transformasie in die landbousektor te fasiliteer en te wys dat grondhervorming nie sonder die regte vennootskappe moontlik is nie. ‘Ons doel is om ‘n inklusiewe samelewing te skep deur meer individue en besighede in staat te stel om aan die ekonomie deel te neem om broodnodige groei vir dieontwikkeling van die gemeenskap te bevorder.’

Versprei namens Nedbank:       

Gillian Gernetzky

Percheron Strategic Communications

Tel:       +27 21 790 2392

Sel:      +27 82 892 8378

E-pos: gillian@percheron.co.za

By admin

Harvest SA Subscription

Subscribe to the fully interactive digital version of the bi-monthly,
HarvestSA magazine and get your farming fix delivered directly
to your inbox to read on your phone, tablet, laptop or desktop.